Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.245.6] Nou bestaan daar egter nog `n tweede soort sentrale son, waaromheen daar in nog `n oneindige groot baan `n hele songebied met hulle sentrale sonne beweeg, waarvan die verste verwyderde gebied reeds `n eon van hierdie aardse jare nodig het om slegs eenmaal om hierdie tweede sentrale son te sirkel. So `n tweede sentrale son, waaromheen nou hele songebiede met hulle sentrale sonne draai, sal ons tesame met haar duisend maal duisend sonnegebiede `n sonneheelal noem.

[6.245.7] Stel jou nou egter weer net so `n groot aantal van die sonneheelalle voor! Die het weer op `n afstand, wat vir geen menseverstand meer te meet is nie, `n gemeenskaplike sentrale son, wat op sigself as hemelliggaam, nog tien maal duisendmaal duisend maal groter is as die sonneheelalle wat in onmeetlike wye kringe om haar heen draai.

Desktop Kommentaar