Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.245.18] Maar ook hierdie mens is aan die buitekant, net soos elke afsonderlike hulssfeer, met `n soort vel omgewe. Weliswaar is die vel nog onnoemlik baie dikker - om begryplik te praat - as die van `n hulssfeer, maar dit het tog in die algemeen dieselfde doel en is volgens julle begrippe oneindig belangrik, net soos die omhulling van `n enkele hulssfeer. Julle sal julle nou wel afvra wat daar dan buite hierdie mens is, en waarop hierdie byna eindeloos groot mens staan en wat hy as mens doen.

[6.245.19] Buite hierdie wêreldmens strek die vrye eterruimte homself na alle kante vir ewig uit, waar hierdie mens in `n, vir julle begrippe, werklik eindeloos groot kring, deur My wil aangedrewe, met `n snelheid wat vir julle onvoorstelbaar is, deurvlieg ter wille van die voedingsstof uit die eindelose etersee, waar hy in `n sekere sin soos `n vis rondswem. Omdat daar in die vrye, groot eterruimte geen onder of bo is nie en geen wese nóg na die een nóg na die ander kant êrens heen kan val nie, bevind hierdie mens hom dus net so stewig en vas in die eterruimte soos wat hierdie aarde, die son en al die eonsmaal eons sonne hulleself in `n hulssfeer bevind.

[6.245.20] Die bestemming waaraan hy werk is om alle groot gedagtes en idees van God wat hy bevat, tot rypheid te bring vir die toekomstige volkome vrye en selfstandige bestemming van die geesteslewe.'

Desktop Kommentaar