Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.245.14] Kyk, so `n hulssfeer is eintlik slegs `n enkel punt in My groot skeppingsruimte! Hoe jy jou dit egter moet voorstel en om dit te moet verstaan, sal Ek julle almal dadelik laat sien.

[6.245.15] Dink julle nou in as heeltemal buite die reusagtige groot omhulling of buitenste huid van `n hierbo beskrewe sfeer wat hom na alle kante toe uitstrek, in `n ontsaglike ruimte wat heeltemal leeg is, en gaan dan in julle gedagte totdat, selfs iemand met baie skerp oë van die hele bykans eindelose groot hulssfeer maar net nog `n flou skemering en nog `n baie klein puntjie daarvan sou kon sien, en in die teenoorgestelde rigting ook weer so `n puntjie, wat natuurlik ook weer `n hulssfeer is. Dit gee dan so ongeveer `n indruk van die afstand tussen twee hulssfere, wat beide selfs groot is, maar deur die enorme afstand reeds halfpad weg tot `n nouliks waarneembare skemerige puntjie ineenkrimp, en so het ons dus kennis gemaak met twee naburige hulssfere.

[6.245.16] Wat sal julle egter sê as Ek julle nou vertel dat daar van sulke hulssfere in die eindeloos groot skeppingsruimte, ook al is jou begrip as mens hoe groot, werklik ontelbare aantalle is, wat egter al volgens My orde in hulle totaliteit presies `n mens in optima forma voorstel?

Desktop Kommentaar