Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.245.13] Maar vra nie na die grootte en lengte van die deursnee van so `n hulssfeer nie! Want vir die mens sou daar wel moeilik ooit op hierdie aarde `n getal uitgedink kon word, waardeur `n mens, soos mens die afstand van hierdie aarde na die son, wat tog ongeveer 44 maal duisend maal duisend uur bedra, as eenheidsmaat sou neem, so-iets toereikend sou kon bepaal nie, want eons maal eons van sulke afstande is nouliks voldoende vir `n sonnewêreldal-algebied, waarvan daar binne `n hulssfeer, soos wat reeds aangedui is, `n bykans ontelbare aantal is. Nou het Ek by julle tog nog die begrip vir die byna oneindige grootte van `n hulssfeer gevorm, en op hierdie basis kan ons dan wel verder bou.

[6.245.14] Kyk, so `n hulssfeer is eintlik slegs `n enkel punt in My groot skeppingsruimte! Hoe jy jou dit egter moet voorstel en om dit te moet verstaan, sal Ek julle almal dadelik laat sien.

Desktop Kommentaar