Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die groot skeppingsmens in die universum

[6.245.1] Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is dit ook alles vir my duidelik; maar ons almal tesame sal niks kan inbring teen die mag van die wêreldheersers nie! En hulle sal hulle strafkode daarom nie verander nie, en hulle sal hulle doodsoordele vel soos voorheen, en U leer sal in die opsig nie die wil van die wêreldheersers en magtiges buig nie!'

[6.245.2] Ek sê: 'Net soos jy, weet Ek ook goed hoe dit orals met die wêreldheersers ter wêreld staan. Ek het ook nie vir hulle gepraat nie, maar vir julle! Julle sal ook na die wêreldheersers gaan en aan hulle My wil meedeel. Wat dit sal aanneem, sal ook daarby baat, - die wat dit egter nie sal aanneem nie, maar hulle regspraak sal hou soos voorheen, sal ook daarna hulle loon van daar af ontvang van waar hulle hulle oordeel gaan haal het; want hulle wat dit nie van My gekry het nie en dit voortaan ook nie wil hê nie, kon dit tog ook nêrens anders vandaan gekry het nie as uit die hel, en dus sal hulle ook die loon daarvoor van haar af oes!'

[6.245.3] Die geleerde Fariseër sê: 'Ja, Heer, as hulle die beeld van die verlore seun hoor en verstaan, sal hulle uiteindelik nie so baie bekommerd wees oor die hel nie!'

[6.245.4] Ek sê: 'Maak jy jou maar oor nêrens anders besorg nie! Die tyd, waarbinne die verlore seun* die genoemde hoop gegee is, is nie so kort soos wat jy jouself miskien voorstel nie. Ek sal aan jou die duur van die geoordeelde wêrelde duidelik maak, luister dus! *(die groot skeppinigsmens)

[6.245.5] Die aarde is sekerlik geen klein hemelliggaam nie, en die son is juis duisendmaal duisendmaal groter as hierdie hele aarde; maar die naaste sentrale son is alreeds meer as tien maal honderdduisend keer groter as hierdie son, wat hierdie aarde verlig en weldra sal opgaan, en het meer volume as talle tienhonderd maal duisend maal duisend planetêre sonne saam met al hulle aardes en mane en komete, wat hulle almal in, vir julle onvoorstelbare uitgestrekte kringe met hulle aanhang met groot snelheid om so `n sentrale son beweeg en tog, veral die verste verwyderde, dikwels duisendmaal duisend jare van hierdie aarde nodig het om slegs eenmaal hulle uitgestrekte baan te deurloop en weer by die beginpunt terug te kom.

[6.245.6] Nou bestaan daar egter nog `n tweede soort sentrale son, waaromheen daar in nog `n oneindige groot baan `n hele songebied met hulle sentrale sonne beweeg, waarvan die verste verwyderde gebied reeds `n eon van hierdie aardse jare nodig het om slegs eenmaal om hierdie tweede sentrale son te sirkel. So `n tweede sentrale son, waaromheen nou hele songebiede met hulle sentrale sonne draai, sal ons tesame met haar duisend maal duisend sonnegebiede `n sonneheelal noem.

Desktop Kommentaar