Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die groot skeppingsmens in die universum

[6.245.1] Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is dit ook alles vir my duidelik; maar ons almal tesame sal niks kan inbring teen die mag van die wêreldheersers nie! En hulle sal hulle strafkode daarom nie verander nie, en hulle sal hulle doodsoordele vel soos voorheen, en U leer sal in die opsig nie die wil van die wêreldheersers en magtiges buig nie!'

[6.245.2] Ek sê: 'Net soos jy, weet Ek ook goed hoe dit orals met die wêreldheersers ter wêreld staan. Ek het ook nie vir hulle gepraat nie, maar vir julle! Julle sal ook na die wêreldheersers gaan en aan hulle My wil meedeel. Wat dit sal aanneem, sal ook daarby baat, - die wat dit egter nie sal aanneem nie, maar hulle regspraak sal hou soos voorheen, sal ook daarna hulle loon van daar af ontvang van waar hulle hulle oordeel gaan haal het; want hulle wat dit nie van My gekry het nie en dit voortaan ook nie wil hê nie, kon dit tog ook nêrens anders vandaan gekry het nie as uit die hel, en dus sal hulle ook die loon daarvoor van haar af oes!'

Desktop Kommentaar