Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Julle moet selfs nie eers 'raka'* teen julle broers sê nie; want daardeur maak julle julleself al aan `n oordeel skuldig omdat jy, as jy dit ernstig bedoel, oor `n broer `n oordeel gevel het. Nog minder moet julle teen `n broer, al is hy ook hoe dom, in alle erns sê dat hy `n dwaas is; want as julle wyser is as hy, dan is julle dit deur God se barmhartigheid. As julle egter trots geword het daaroor en dit gebeur dat julle julleself vanweë `n dom mens skaam, nie met hom wil praat nie en sê: 'Wie kan dan met `n dwaas praat?', dan stam so `n oordeel in jou uit die kiem van die hel, en maak jy jou skuldig aan die helse vuur. Dit is egter nie passend as daar in My egte leerlinge helse vonkies deur so `n valse impuls sou ontsteek nie, want ook uit die kleinste vonkie kan `n groot brand ontstaan. *(agterbakse mens) , – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 244, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar