Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.244.5] Dit is My raad hoe julle julleself ook in so `n geval as My egte leerlinge sal moet gedra. Julle kan die misdadigers in julle gemeente verbeter of julle van hulle suiwer, maar julle mag geen regter speel nie! Want wie oordeel, sal eendag ook deur My geoordeel word. Wie egter nie oordeel nie, sal ook nie deur My geoordeel word nie. As julle hulle wat teen julle sondig sal vervloek en verdoem, dan kan julle eendag van My dieselfde te wagte wees; as julle egter volgens My leer wandel, sal julle ook nie verdoem en vervloek word nie.

[6.244.6] Julle moet selfs nie eers 'raka'* teen julle broers sê nie; want daardeur maak julle julleself al aan `n oordeel skuldig omdat jy, as jy dit ernstig bedoel, oor `n broer `n oordeel gevel het. Nog minder moet julle teen `n broer, al is hy ook hoe dom, in alle erns sê dat hy `n dwaas is; want as julle wyser is as hy, dan is julle dit deur God se barmhartigheid. As julle egter trots geword het daaroor en dit gebeur dat julle julleself vanweë `n dom mens skaam, nie met hom wil praat nie en sê: 'Wie kan dan met `n dwaas praat?', dan stam so `n oordeel in jou uit die kiem van die hel, en maak jy jou skuldig aan die helse vuur. Dit is egter nie passend as daar in My egte leerlinge helse vonkies deur so `n valse impuls sou ontsteek nie, want ook uit die kleinste vonkie kan `n groot brand ontstaan. *(agterbakse mens) ,

[6.244.7] In die hel is die hoogmoedsvuur die hoogste, en in die hemel skyn slegs die lig van die grootste deemoed en beskeidenheid, en die sagte vuur van die liefde verwarm alles en maak alles lewend. - Verstaan julle dit?'

Desktop Kommentaar