Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Of maak in `n ander geval, as die moordenaar `n te berugte en heeltemal liggaamlike duiwel sou wees, ook jag op hom en vra hom dan, wanneer julle hom gevang het, die rede waarom hy die gruweldade gepleeg het, en of hy geen berou daaroor het nie! Praat hy (die waarheid)*, doen dan soos wat ek nou net gesê het; loën hy die daad egter of gee hy op julle vraag geen behoorlike antwoord nie, hoewel julle daarvan oortuig is dat hy die booswig is, sorg dan daarvoor dat hy verder onskadelik gemaak word vir die menslike samelewing, maar nie deur sy dood nie, maar hetsy deur hom agter stewige tralies te plaas, deur die verblinding van sy oë of deur `n verbanning na `n sodanige ver streek aan die see, dat hy nooit meer daarvandaan sal kan kom nie. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 244, Paragraaf 4

Desktop Kommentaar