Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.244.2] Ek sê: 'Ja, dit is weer jou mening, maar My mening is `n heel ander mening! Die een tier bring die ander voort, so bring `n leeu, `n luiperd en `n hiëna ook sy gelyke voort.

[6.244.3] As `n ruwe, dierlike verwaarloosde mens, deur sy dierlike hartstogte gedrewe, `n mens doodmaak, sou die gestorwene eintlik die reg hê om hom wat hom doodgeslaan het, ook te dood; `n derde wat die doodslaner egter nooit kwaad aangedoen het nie, het eintlik glad geen reg om hom in die plek van die verslane, op sy moordenaar te wreek nie. Maar omdat so `n dierlike mens ook vir ander mense gevaarlik kan word, kan daar op hom jaggemaak word. As die mense hom gevang het, dan moet mens hom in `n goeie gevangenis plaas, onderrig gee en probeer om van hom `n mens te maak! Slaag dit, dan het jy van `n duiwel `n mens gemaak, waarvoor jy meer van die ware lewensloon in jou te verwag het, as wanneer jy die moordenaar sou gedood het. Dit sou dus iets wees wat die allerbeste met `n moordenaar gedoen kan word.

Desktop Kommentaar