Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.243.10] Of stel jou eers op aarde `n waaragtige wyse en `n baie verstandige mens voor! Sal hy ooit `n ewigdurende bestraffing van `n sondaar kon goedkeur, of sal hy so `n straf vir iemand oplê? Beslis nie, - en die baie wyse God nog soveel minder!

[6.243.11] Ek sê julle egter, dat daar in die toekoms onder My ware volgelinge selfs heeltemal geen tydelike straf sal bestaan nie, hoewel dit tot nou toe was: lewe om `n lewe, oog om `n oog en tand om `n tand, - maar as iemand jou `n klap in jou gesig gee, gee hom dan nie een terug nie, maar keer hom ook jou ander wang toe, sodat hy jou nog `n klap kan gee as hy nog kwaad vir jou mag wees, sodat daar dan vrede en enigheid tussen julle mag wees! As iemand jou `n oog sou uitslaan, doen dan met hom nie dieselfde nie, maar vergeef hom en jy sal as lydende sy hart verbeter. Vergeld nooit kwaad met kwaad nie, dan sal julle as My waaragtige leerlinge rus hê in die wêreld en ook juis daardeur toon dat julle waaragtig My leerlinge is!'

Desktop Kommentaar