Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die gevolge van die verkeerde voorstelling van die ander kant

[6.243.1] Net die Fariseërs was dit nog nie eens daaroor nie, en die Skrifgeleerde sê: 'Die geheel klink weliswaar baie hoopvol, maar pas nie by die begrip van `n daarteenoorstaande ewige beloning nie. Want as die goeie mens vir sy goeie handelinge, en vir sy geduld met alle soorte pyn en lyding, skadeloos gestel word deur `n ewige beloning aan die ander kant, dan moet ook die boosdoener, wat op hierdie wêreld maar net `n goeie lewe gelei het, ewig bestraf moet word.

[6.243.2] En as `n mens die mense sou vertel dat daar uiteindelik ook nog verlossing uit die hel moontlik is, dan sal daar nog meer boosdoeners op die aarde kom! Nou nog hou die vrees vir die ewige straf in die hel baie mense van bose handelinge af, en die hoop op die bereik van die ewige geluksaligheid spoor die mense aan tot die goeie! Maar as ons aanneem dat die verdoemdes ook nog `n moontlike kans het om eenmaal salig te word, dan sal die goeie homself ook meer en meer by hulle voeg, en die suiwer goeie sal op aarde baie gou net so seldsaam word as diamante. Dit is alles wel baie troosryk vir `n week hart, - maar die gevoel van regverdigheid verdwyn daarby! So is dit my eerlike mening.'

Desktop Kommentaar