Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die gevolge van die verkeerde voorstelling van die ander kant

[6.243.1] Net die Fariseërs was dit nog nie eens daaroor nie, en die Skrifgeleerde sê: 'Die geheel klink weliswaar baie hoopvol, maar pas nie by die begrip van `n daarteenoorstaande ewige beloning nie. Want as die goeie mens vir sy goeie handelinge, en vir sy geduld met alle soorte pyn en lyding, skadeloos gestel word deur `n ewige beloning aan die ander kant, dan moet ook die boosdoener, wat op hierdie wêreld maar net `n goeie lewe gelei het, ewig bestraf moet word.

[6.243.2] En as `n mens die mense sou vertel dat daar uiteindelik ook nog verlossing uit die hel moontlik is, dan sal daar nog meer boosdoeners op die aarde kom! Nou nog hou die vrees vir die ewige straf in die hel baie mense van bose handelinge af, en die hoop op die bereik van die ewige geluksaligheid spoor die mense aan tot die goeie! Maar as ons aanneem dat die verdoemdes ook nog `n moontlike kans het om eenmaal salig te word, dan sal die goeie homself ook meer en meer by hulle voeg, en die suiwer goeie sal op aarde baie gou net so seldsaam word as diamante. Dit is alles wel baie troosryk vir `n week hart, - maar die gevoel van regverdigheid verdwyn daarby! So is dit my eerlike mening.'

[6.243.3] Ek sê: 'Vir jou kan dit wel baie eerlik wees, maar vir My is dit baie krom! As jy glo dat hetsy die hel of die hemel as beweegrede moet dien om die mense van die bose af te hou en na die goeie toe te bring, dan gaan jy tog wel van `n baie foutiewe gedagte uit; want die volkome slegte mens lag oor jou hel en oor jou hemel, en die volkome goeie is ook goed sonder jou hel en sonder jou hemel. Want op die manier waarop jy die saak voorstel, is die hel en die hemel eers heeltemal geskik om elke mens so sleg as moontlik te maak.

[6.243.4] Want wie goed doen slegs vanweë die loon, leen sy geld teen hoë rente uit, en wie dit doen, besit geen naasteliefde nie, en nog minder liefde vir God. Want hoe kan iemand sy naaste wat hy sien, nie liefhê nie, maar wel vir God liefhê wat hy nie kan sien nie?

[6.243.5] Neem egter net die hemel en hel weg, en kyk dan na jou vroom mense! Hulle sal nog erger te kere gaan as `n winsbejagte makelaar wat agterkom dat sy skuldenaar met die geleende geld weg is; en omdat hy geen helse straf meer te verduur het nie, sal sulke mense dan maar net deur die bekragtigde wêreldse wette in toom gehou word.

[6.243.6] Dit was dus al van die begin af aan verkeerd gewees van die mense, dat die oudstes die hel vir hulle kinders so warm as moontlik verduidelik het en die hemel afgeskilder het met alle kleure van die lig en met alle genietinge wat die menslike sintuie streel. Daardeur het hulle wel `n soort vroomheid veroorsaak, wat egter vanweë die hel, waar jy baie maklik in kan beland, en vanweë die hemel, wat te moeilik bereik kan word, nooit in ware liefde tot God en die naaste kon oorgaan nie, wat by die swakker karakters in `n steeds groot vrees ontaard het en by die sterkeres, wat meer verlig was, oorgegaan het in `n totale onverskilligheid ten voorskrifte van God en die medemens. Want hierdie sterker mense glo self heeltemal niks nie, maar werk pro forma saam om die gewone volk die geloof te laat behou, sodat hulle nie in opstand sou kom teen hulle vir wie hulle moet werk nie, sodat hulle vir hulleself, in die plek van die verlore geloof in God en die hemel en die hel, op die wêreld `n hemel non plus ultra kon berei.

[6.243.7] Die gevolg daarvan is egter die huidige byna totale goddeloosheid onder die mense, wat, as die wêreldse wette van Rome hulle nie met die swaard daarvan weerhou het nie, hulle lankal in groot woede teen die natuurlike heersers sou opgestaan het en hulle mettertyd sou gevra het waarom hulle hulle moet dien en hulle onderdanig moet wees.

[6.243.8] Kyk, dit alles is `n gevolg van die regverdigheidsgevoel in die siel van die mens, wat altyd net soos jy, die mense met die skerpste woorde vertel dat God weliswaar die goeie vir ewig in die hemel beloon, maar as gevolg van sy onverbiddelike geregtigheid die slegtes ook ewig in die verskriklikste hel onder ongehoorde marteling ewig sonder enige versagting straf!

[6.243.9] O, julle dwase! Bestaan daar wel `n vader wat ook maar enige liefde vir sy kinders het, wat `n kind, wat teen sy gebod in handel, lewenslank in `n kerker sou laat gooi en hom daarby nog elke dag wat hy leef, sou wou laat tugtig?! As `n menslike vader dit nie eers sal doen nie, wat in die aard van menswees tog sleg is, hoeveel te minder sal die Vader in die hemel dit dan doen, wat die ewige en suiwer liefde en goedheid Self is!

[6.243.10] Of stel jou eers op aarde `n waaragtige wyse en `n baie verstandige mens voor! Sal hy ooit `n ewigdurende bestraffing van `n sondaar kon goedkeur, of sal hy so `n straf vir iemand oplê? Beslis nie, - en die baie wyse God nog soveel minder!

[6.243.11] Ek sê julle egter, dat daar in die toekoms onder My ware volgelinge selfs heeltemal geen tydelike straf sal bestaan nie, hoewel dit tot nou toe was: lewe om `n lewe, oog om `n oog en tand om `n tand, - maar as iemand jou `n klap in jou gesig gee, gee hom dan nie een terug nie, maar keer hom ook jou ander wang toe, sodat hy jou nog `n klap kan gee as hy nog kwaad vir jou mag wees, sodat daar dan vrede en enigheid tussen julle mag wees! As iemand jou `n oog sou uitslaan, doen dan met hom nie dieselfde nie, maar vergeef hom en jy sal as lydende sy hart verbeter. Vergeld nooit kwaad met kwaad nie, dan sal julle as My waaragtige leerlinge rus hê in die wêreld en ook juis daardeur toon dat julle waaragtig My leerlinge is!'

Desktop Kommentaar