Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.242.4] En Ek sê: So sal daar ook in die hemel by die engele van God `n groot vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, maar deur ware en ernstige boetedoening homself weer vir die hemel laat vind het! (Lukas 18, 8-11)

[6.242.5] Luister nou verder na `n beeld wat ook baie veelseggend is! Daar was eens `n baie aansienlike en buitengewone ryk man, wat twee seuns gehad het. En die jongste seun gaan na sy vader en sê vir hom: 'Gee my die deel of die waarde van my goedere wat my as erfgenaam toekom; want ek wil weggaan en my geluk in die wêreld beproef!' Die vader verdeel die goed van die seuns en gee die jongere sy deel.

[6.242.6] Baie gou daarna versamel die jongste al sy besittings en gaan weg na `n ver land. Toe hy `n plek vind wat hom aanstaan, verkwis hy al sy geld daar. Nadat hy baie gou deur al sy besittings gejaag het, kom daar `n groot skaarste in die land en hy begin gebrek te ly. Daarop gaan hy na `n burger van die land en vra hom vir werk, en die stuur hom na sy akker om sy varke op te pas. Na `n paar dae van varke oppas, kry hy egter `n groot honger en wou sy buik vul met die peule wat die varke eet, maar niemand gee vir hom daarvan nie.

Desktop Kommentaar