Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.242.10] Kyk, hierdie beelde sê vir julle alles wat diegene nodig het wat met hulle liefhebbende hart na die Vader in die hemel kyk; hy wat egter maar net wys is, voel nie die groot behoefte van die liefde in die Vader nie.

[6.242.11] Dawid, die man na God se hart, het ook twee seuns gehad wat hy besonder liefgehad het. Wat sou Dawid, ondanks die feit dat Absalom hom vervolg het en hom met alle middele wou oorwin, nie wou gegee het aan hulle wat aan hom sy baie geliefde seun lewend sou teruggebring het nie! Salomo was wel die wysheid self en steeds by Dawid, maar Dawid se liefde en toegeneentheid het na Absalom uitgegaan.

[6.242.12] O beste mense, die beeld sê oneindig baie! Wat `n vreugde sal Dawid se hart nie voel wanneer sy verlore Absalom hom eens weer lewend tegemoet sal kom nie!

Desktop Kommentaar