Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Drie gelykenisse oor die barmhartigheid van God. Die geheim van die liefde

[6.242.1] (Die Heer:) 'Waar vind jy `n man, wat honderd skape het en as hy één daarvan verloor, nie dadelik die nege-en-negentig in die woestyn sal agterlaat en op die pad sal gaan na die verlore skaap en so lank na hom sal soek totdat hy hom terugvind, en, as hy hom gevind het, dit op sy skouers neem van vreugde? En as hy dan tuiskom, sal hy al sy bure na hom uitnooi en sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my skaap wat verlore was, teruggevind en ek gee `n feesmaal!'

[6.242.2] En Ek sê julle: So sal daar ook meer vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, wanneer hy hom egter verbeter het, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boete hoef te doen nie! (Lukas15, 3-7)

[6.242.3] Of watter vrou, wat tien stuiwers het en één daarvan verloor, sal dan nie dadelik `n lig aansteek, die hele huis op sy kop keer en bly soek tot sy die verlore stuiwer gevind het nie? En as sy die verlore stuiwer teruggevind het, sal sy dan nie haar vriendinne en buurvroue bymekaar roep nie en sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my stuiwer gevind, wat ek verloor het!'?

[6.242.4] En Ek sê: So sal daar ook in die hemel by die engele van God `n groot vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, maar deur ware en ernstige boetedoening homself weer vir die hemel laat vind het! (Lukas 18, 8-11)

Desktop Kommentaar