Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.241.2] Lasarus sê: 'Ja, ja, julle mening is volkome korrek, en die Romeine het ook heeltemal gelyk as hulle sê: 'Aan hom wat dit self wil, geskied geen onreg nie!', maar ek sê: Die droë wêreldse regsfilosofie praat maar net so. Maar as ek `n mens sien wat hom uit vertwyfeling van die lewe wil beroof, of ek sien egter `n onervare mens wat giftige bessies versamel om te eet, dan is dit tog nie net my menslike plig om hom te verhinder om te doen wat hy hom voorgeneem het nie, maar ook om hom baie ernstig daarvan af te raai en hom te vertel watter gevolge dit vir hom kan hê.

[6.241.3] Natuurlik, as ek nie weet of sien dat daar êrens vir `n mens deur sy handelwyse gevaar dreig nie, dan het ek ook geen gevoel vir hom en kan ek hom ook nie help nie; maar as ek dit sien, weet en voel, dan mag ek `n mens, al is hy hoe dom en eiesinnig, nie deur sy eie wil aan sy ondergang prysgee nie, en dit kan `n voelende hart nie onverskillig laat of daar tussen duisend mense nege-honderd nege-en-negentig verlore gaan of nie. En ek kan daarom slegs al diegene prys wat hartseer en treurig word as hulle besef dat daar so ontsettend baie is wat so goed as vir ewig verlore is, en ek vind dit nou ook baie natuurlik dat hierdie edel voelende mense hulle op die wyse vir die Heer uitgespreek het. Want van Hom kan mens tog wel met die volste vertroue verwag, dat Hy ons in die opsig `n korrekte verklaring, ook al is dit deur een of ander beeld, sal gee. - Heer, het ek reg geoordeel of nie?'

[6.241.4] Ek sê: 'My beste broer Lasarus, jy het baie korrek geoordeel! Ook al mopper alle Fariseërs en Skrifgeleerdes daaroor, tog is slegs Ek die Heer, en kan doen wat Ek wil, en niemand kan My ter verantwoording roep en sê: 'Heer, waarom doen U dit of dat nie?'

[6.241.5] Ek sal julle egter oor die ware barmhartigheid van God `n paar voorbeelde gee, en oordeel julle dan self aan die hand daarvan, hoe dit daarmee staan. - Luister dus na My!'

Desktop Kommentaar