Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Maar toe sê die Fariseërs en Skrifgeleerdes, wat in die geheim nie baie met die uitleg oor die hel tevrede was nie: 'Ag, daaroor is ons gladnie bekommerd nie en ons laat dit aan Sy goedheid en wysheid oor. Ons het immers gemopper omdat Hy soveel sondaars en tollenaars aanneem, wat tog ook egter geen hemelse geeste was nie, dus sal Hy ook wel vir geeste wat reeds werklik hels is, `n uitweg hê! Want in Sy wysheid sal nog baie verborge lê wat Hy nie aan ons sal openbaar nie. Wat ons nodig het, sal Hy aan ons openbaar; wat ons egter beslis nie nodig het nie, daaroor moet ons onsself ook nie bekommer nie. As `n duiwel uit eie wil so blind en dom is en as hy geen lig wil aanneem nie, - wel, laat hom dan in ewigheid `n duiwel bly! As hy voortdurend die geleentheid het om homself te verbeter, en as dit hom nie aan begrip en verstand en ook nie aan die wil daarvoor ontbreek nie, maar as hy tog die goeie en ware nie wil nie en dit in `n sekere sin `n eer vind om teen die wil van God in te gaan, wel, laat die nar dit dan doen solank dit hom waarskynlik genot verskaf, en God en alle salige gewydes sal niks daarby verloor nie! - So is dit ons baie nugter mening.' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 241, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar