Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die verhouding tussen hel en wêreld

[6.240.1] (Die Heer:) 'Laat niemand van julle egter dink dat Ek ook die hel eens op `n tyd geskape het nie! Dit is ver van My en van julle almal! Dink ook nie, dat dit `n plek van ewige bestraffing van die boosdoeners van hierdie aarde is nie! Hy het hom vanself gevorm uit al die talle mensesiele wat op hierdie aarde elke goddelike openbaring weghoon, God verloën, slegs doen wat hulle uiterlike sinlikheid behaag, maar homself uiteindelik goddelike eer laat bewys en laat die hele volk deur hulle howelinge onderrig word dat hulle self gode was en dat die hele volk hulle moes aanbid, soos wat Nebukadnesar dit in Babilon gedoen het. Hulle bedink opnuut afgodery en dwing die volke om dit te aanbid en groot offers aan hulle te bring; wie dit nie doen nie, word onmenslik gemartel.

[6.240.2] Daaruit kan julle goed sien wat se mag die hel oor die hele aarde uitoefen, en hoe dringend dit nodig was dat Ek Self in die materie moes afdaal om die ou, maar noodsaaklike oordeel met My hele inset te deurbreek en daardeur teen die hel, wat homself geskape het, `n dam op te werp wat hy nooit weer so sal deurbreek soos wat dit tot nou toe die geval was nie.

[6.240.3] Ek, die Allerheiligste, moes My met die onheiligheid van die swakheid van die mense van die geskapene beklee, om soos `n sterk held die hel te kon nader om dit te oorwin. Ek het nou na haar toe gekom, is daar in die middel, en alle duiwels en satans vlug voor My soos los kaf in die stormwind.

[6.240.4] En hiermee het Ek julle nou met `n voorbeeld laat sien wat die hel is, wat hy doen, ten dele nog doen, en wat die verlossing is. - Het julle dit wel enigsins verstaan?'

[6.240.5] Nou sê Agricola vol verbasing: 'Heer, so `n beskrywing van die hel het my nog nooit ter ore gekom nie! Ons Romeine het haar in ons fantasie onder die aardbodem geplaas, en dan spesiaal op die plek waar daar, soos wat by ons is, van die berge is wat voortdurend rook en van tyd tot tyd groot, alles verwoestende vuurmassas uitspu. Ag, maar so sien die saak baie anders daaruit! Dan is die hele aarde immers nou, met `n mensegeslag wat buitengewoon losbandig is, `n volmaakte hel; want in hierdie wêreld gaan dit nou net so, soos U ons die hel in der waarheid beskrywe het!'?

[6.240.6] Ek sê: 'Ja, my vriend, die wêreld en die hel is net so één soos liggaam en siel één is. Die groot hellesiel bedien haarself net so van die uiterlike wêreld as wat die siel haarself van haar liggaam bedien. As die siel `n engel is deur haar liefde tot God en die naaste, dan sal die liggaam ook maar net goed doen, omdat die siel, wat die liggaam lewend maak, niks kwaad wil en kan doen nie; maar as die siel al volledig `n duiwel is, dan is haar liggaam dit ook.

[6.240.7] Ek het egter nou in hierdie wêreldliggaam gekom om al die legioene maal legioene duiwels daaruit te verdrywe. Ek het julle gister met die jong vrou in die kleine `n voorbeeld gegee van wat ek nou in die grote doen. Ek sal nou die huis skoonvee van die ou duiwels; maar as die mense hulle nie daarby sal hou nie, dan sal hulle gou gereed wees met `n nuwe hel en haar duiwels, en die sal dan baie gou in die gereinigde huis intrek en `n toestand in die wêreld teweeg bring wat nog erger sal wees as wat die eerste vir My was.

[6.240.8] Want soos voorheen, moet elke siel ook nou en in die vervolg haar wils- en kennisvryheidsproef in die liggaam deurmaak, en dit kan nooit as te nimmer sonder toegelate prikkels tot die goeie en die bose plaasvind nie. Maar nou het die mense My hulp byderhand en hulle kan die hel, wat hom in hulle wil uitbrei, altyd met glans oorwin, wat nou juis die gevolg van My verlossing is. Die wat dit egter nie sal doen nie, sal nog diensbaarder aan die nuwe hel wees as die voriges wat tot op hierdie tyd was.'

[6.240.9] Agricola sê: 'Ja, Heer, sou dit dan nie beter wees om sulke nuwe hellesiele na hulle liggaamlike lewe maar dadelik heeltemal te vernietig nie?!'

[6.240.10] Ek sê: 'Ja, my vriend, dit kan nie; want alle siele, goeie en slegte, is uit My, en van My kan ewig nooit iets vernietig word nie, dus ook nie die slegste siel nie, maar elke siel sal volgens haar liefde verder lewe. - My vriend, verstaan jy dit so `n bietjie?'

[6.240.11] Toe sê almal: 'Heer en Leraar! Hierdie saak is vir ons nou heeltemal duidelik; maar daar gebeur nou iets anders by ons, naamlik, `n baie spesiale treurige gevoel in ons hart laat hom geld, en noodsaaklikerwys om twee redes: Die eerste is dat ons met liggaam en siel duidelik in die volmaaktste hel lewe en die tweede is dit altyd verreweg die grootste deel van die mense van hierdie aarde kennelik niks anders as hellegeeste word nie, en dit ook duidelik vir ewig. Is daar dan vir sulke hellegeeste werklik ook by U, o Heer, geen moontlike hulp meer denkbaar nie?'

Desktop Kommentaar