Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Wie egter van sy egoïstiese spaarsamigheid oorgaan na volkome gierigheid, is reeds hier `n duiwel in mensegestalte, wat die Gees van God, wat suiwer Liefde is, altyd weerstaan en daarom vir altyd van die saligheid uitgesluit sal bly. Want so sekerlik as wat daar `n hemel is, so sekerlik is daar ook `n hel, waarvan die wurm nooit sterf en die vuur nooit uitdoof nie. Wie totaal uit eie wil daar inkom, sal ook nooit deur eie wil meer daaruit kom nie, - en dit is die ware ewige dood van die siel. Let ook goed daarop, en pasop daarvoor dat julle nie in selfsug, eieliefde, nyd, gierigheid en wêreldse hoogmoed verval nie! Want alle ander sonde raak die mens makliker kwyt as juis hierdie wat nou genoem is. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 227, Paragraaf 8

Desktop Kommentaar