Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Ek sou nou maar wou gehad het dat die hele tempel van die lig vervul moet word! Maar dit is by die algemene verhardheid van die tempel gladnie denkbaar nie! Ons, met so sewentien, het tog dikwels oor sulke sake - natuurlik meer kontra as pro - nagedink, en hoe moeilik was dit vir ons om die lig binne te gaan! Hoe sou dit dan vir ons kollegas en medepriesters wees, wat miskien nog nooit oor hierdie sake nagedink het nie - nóg pro, nóg kontra, - maar wat maar net bedag was daarop hoe hulle hulle buike steeds meer kon vul! O Heer en Leraar, U sal wel die beste weet wat U met die tempel en sy meer as blinde priesters sal doen! Die huiwering loop oor my rug as ek hierdie lig vergelyk met die mees fundamentele duisternis van die tempel. Hoe groot en almagtig waan iemand van ons soort homself nie in die tempel nie, en hoe oneindig klein sou hy wees as hy in hierdie lig sou kom! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 227, Paragraaf 2

Desktop Kommentaar