Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.226.8] God is geestelik ewig en oneindig. Alles ontstaan en bestaan uit Hom, alles is in Hom, alles is die ewige, eindelose oorvloed van Sy gedagtes en idees van die kleinste tot die grootste. Hy dink hulle in die heldere lig van Sy selfbewussyn en wil dat hulle werklikheid word, en dan is dit reeds, wat dit as oerbegin moet wees. Daarby lê Hy dan die ligkiem van Sy liefde daarin in `n sekere sin uit Sy persoonlikheid na buite gebringe gedagtes en idees, maak hulle lewend, sodat hulle dan as selfstandige wesens bestaan, en lei hulle dan deur Sy voortdurende en steeds groot geestelike invloed tot die hoogste moontlike trap van die onverwoesbare selfstandigheid.

[6.226.9] Hierdie wesens is dan - omdat die goddelike liefde in hulle, hulle lei en in stand hou - self ook vol skeppende krag, reproduseer hulleself en kan hulleself tot in die oneindige vermeerder. En elke wese wat uit hulle ontstaan, lyk nie net soos die voortbringer nie, soos kinders na hulle ouers nie, maar is ewe-eens toegerus met dieselfde eienskappe, wat daartoe dien dat verwekker en verwekte die goddelike liefde in hulleself vermeerder, wat maklik moontlik is. Daardeur kan hulle uiteindelik heeltemal uit die materie in die suiwer geestelike oorgaan en in die geheel aan God gelyk word en tog sy individuele selfstandigheid behou, en dit vir ewig.

Desktop Kommentaar