Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.226.8] God is geestelik ewig en oneindig. Alles ontstaan en bestaan uit Hom, alles is in Hom, alles is die ewige, eindelose oorvloed van Sy gedagtes en idees van die kleinste tot die grootste. Hy dink hulle in die heldere lig van Sy selfbewussyn en wil dat hulle werklikheid word, en dan is dit reeds, wat dit as oerbegin moet wees. Daarby lê Hy dan die ligkiem van Sy liefde daarin in `n sekere sin uit Sy persoonlikheid na buite gebringe gedagtes en idees, maak hulle lewend, sodat hulle dan as selfstandige wesens bestaan, en lei hulle dan deur Sy voortdurende en steeds groot geestelike invloed tot die hoogste moontlike trap van die onverwoesbare selfstandigheid.

[6.226.9] Hierdie wesens is dan - omdat die goddelike liefde in hulle, hulle lei en in stand hou - self ook vol skeppende krag, reproduseer hulleself en kan hulleself tot in die oneindige vermeerder. En elke wese wat uit hulle ontstaan, lyk nie net soos die voortbringer nie, soos kinders na hulle ouers nie, maar is ewe-eens toegerus met dieselfde eienskappe, wat daartoe dien dat verwekker en verwekte die goddelike liefde in hulleself vermeerder, wat maklik moontlik is. Daardeur kan hulle uiteindelik heeltemal uit die materie in die suiwer geestelike oorgaan en in die geheel aan God gelyk word en tog sy individuele selfstandigheid behou, en dit vir ewig.

[6.226.10] So keer die eens na buitegebringde gedagtes en idees van God weer volledig na en in God terug, maar nie meer suiwer soos wat hy na buite gebring het nie, maar as volledige lewende, van homself duidelik bewuste en self handelende wesens, wat dan heeltemal, soos van God onafhanklik, op sigself kan bestaan, werk en handel, - en daarom het Ek dan ook vir My leerlinge gesê: 'Word net so volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is!'

[6.226.11] Ek doen nou groot dinge voor julle oë en ore; maar julle self sal nog groter dinge doen in My Naam, wat die Liefde van God in julle harte is, waarsonder niemand iets effektief vir die ewige lewe kan doen nie, omdat die Liefde van God die eintlike, onverwoesbare lewe, sowel in God Self, as in elke uit God ontstaande wese is.

[6.226.12] Maar al die eens aardse geskapenes vind as sodanig dan eers hulle einde, as hulle vervul word met die goddelike liefde en langsaam maar sekerlik oorgegaan het in die suiwer geestelike; en so sal ook hierdie aarde nie vir ewig bestaan nie, maar langsaam maar seker in die geestelike oorgaan. Maar volgens die tydsberekening van hierdie aarde sal dit vir julle huidige verstand nog baie lank duur totdat die vuur van die goddelike liefde alle materie in haar oorspronklike geestelike opgelos het.

[6.226.13] Die oplossing van `n wêreld sal egter op gelyke wyse plaasvind soos waarop elke ander aardse wese opgelos word, waarby die uiterlike dood gaandeweg steeds meer intree en sigbaar word. As jy na `n boom kyk, sal jy sien dat hy langsaam maar sekerlik versiek. Hy word oud en verrot, slegs `n paar takke vertoon nog lewe, ander is vrot en vermolm en val met verloop van tyd van die stam af. Mettertyd word die stam ook gedeeltelik verrot en gaan dood, en dit gaan net so lank aan totdat die hele boom uiteindelik verrot, vermolm en op sigself dood is. Maar selfs as boom, wat op sigself reeds volkome dood is, bevat hy tog nog lewensgeeste; daarom sal julle, as hy deur die storm omgewaai in die bos lê, mos en ander kruidgewasse uit hom sien groei; ook sal allerlei wurms hom inwendig deurboor; en selfs `n groot aantal insekte knaag en teer solank op die vleis en murg van die gestorwe boom as wat daar nog iets aan sit, totdat daar miskien na honderde jare van die hele boom geen spoor meer te vinde is nie.

[6.226.14] So, ook al is dit dan groot in omvang, sal dit ook gaan met `n sterwende en uiteindelik heeltemal gestorwe wêreld. Maar waar `n boom sterf, groei baie gou `n ander in sy plek. So vergaan daar dus ook `n wêreld, - maar dan kom daar een, en kom daar selfs `n aantal ander, in haar plek en neem die oorgeblewe lewensgeeste van die hele gestorwe en volledig tot niet gegane ou wêreld op om hulle verder te versorg en te ontwikkel. En kyk, so kom daar aan die eintlike skepping ewiglik geen einde nie, omdat God ook ewig nooit kan ophou om in Sy ewige onbegrensde Liefde en Wysheid te dink en te wil en lief te hê nie!

[6.226.15] Ek dink dat dit nou wel vir elkeen heeltemal verstaanbaar moet wees! Vir hulle vir wie dit tog nog te onverstaanbaar mag wees, sê Ek nog bowendien: Dink jouself in as `n ewige jeugdige kragtige onsterflike en voortlewende op `n wêreld! Sal jy ooit ophou met dink en wil? Sal jy ooit heeltemal niks gaan doen nie, of sal jy jou nêrens meer wil geniet nie? Beslis nie, maar jy sal steeds meer gaan doen, ywerig besig wees en alles daarvoor gee om jou steeds meer en groot genoeë van die lewe te verskaf; want die liefde en die ware lewe van die liefde kan nooit rus nie, maar moet besig wees, omdat die lewe self niks anders is as om deurlopend besig te wees nie.

[6.226.16] Laat niemand van julle daarom dink dat hy hom eenmaal aan die ander kant in `n ewige passiewe, soete rus sal bevind nie; want dit sou juis die ware dood wees vir die gees of die siel. Hoe geesteliker `n mens innerlik word, hoe aktiewer word hy ook, en dit deur en deur. As dit egter in hierdie wêreld al sigbaar en duidelik herkenbaar die geval is, hoeveel te meer sal dit dan aan die ander kant nie die geval wees nie, waar geen swaar liggaam die siel in haar besigwees sal belemmer nie! - Wel, sê nou of jy dit goed verstaan het!'

Desktop Kommentaar