Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.226.6] Die Fariseër sê nou baie verbaas: 'Ja, Heer en Leraar, dit sien ek nou goed in en ek bewonder U Wysheid ten diepste, - ek moet slegs nou tog openlik sê dat ek begin te huiwer vir die eindelose grootte en mag van die Skepper, en ek vra U slegs nog of God ewig deur bly skep; want volgens U kom daar bykans geen einde aan die skepping nie. Daarom vra ek U om dit ietwat duideliker vir my te maak, omdat ek andersins heeltemal duiselig kan word daarvan.'

[6.226.7] Ek sê: 'Dit kon jy wel vanuit My uitleg uitmaak. As God ewig is, dan sal Hy ook beslis van ewigheid af geskape het! Want wat sou Hy anders in die ewigheid vóór die tyd van die deur jou veronderstelde skepping van hierdie wêreld, van die son, die maan en alle sterre gedoen het, terwyl Hy tog ewig op dieselfde wyse volmaak was?!

[6.226.8] God is geestelik ewig en oneindig. Alles ontstaan en bestaan uit Hom, alles is in Hom, alles is die ewige, eindelose oorvloed van Sy gedagtes en idees van die kleinste tot die grootste. Hy dink hulle in die heldere lig van Sy selfbewussyn en wil dat hulle werklikheid word, en dan is dit reeds, wat dit as oerbegin moet wees. Daarby lê Hy dan die ligkiem van Sy liefde daarin in `n sekere sin uit Sy persoonlikheid na buite gebringe gedagtes en idees, maak hulle lewend, sodat hulle dan as selfstandige wesens bestaan, en lei hulle dan deur Sy voortdurende en steeds groot geestelike invloed tot die hoogste moontlike trap van die onverwoesbare selfstandigheid.

Desktop Kommentaar