Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.226.5] Want as God dit nie in die plante en diere sou gelê het nie, dan sou julle binne `n kort tydjie geen brood meer gehad het en geen vleis en geen melk, geen wyn en geen vrugte nie; maar omdat `n koringkorrel, as hy in die aarde gelê word, honderdvoudige vrug gee, het julle steeds brood genoeg en eweneens al die ander. As God dus steeds in alles oneindige dinge skep volgens Sy Allerhoogste Wysheid en eindelose Mag, kan iemand dan sê dat die ewige en eindelose skepping uit God iets nutteloos is? Julle eie alledaagse lewensbehoeftes leer julle al die suiwer teendeel, omdat julle nie sonder voedsel sou kon bestaan nie! - Verstaan jy nou, waarom God voortdurend so eindeloos baie skep?'

[6.226.6] Die Fariseër sê nou baie verbaas: 'Ja, Heer en Leraar, dit sien ek nou goed in en ek bewonder U Wysheid ten diepste, - ek moet slegs nou tog openlik sê dat ek begin te huiwer vir die eindelose grootte en mag van die Skepper, en ek vra U slegs nog of God ewig deur bly skep; want volgens U kom daar bykans geen einde aan die skepping nie. Daarom vra ek U om dit ietwat duideliker vir my te maak, omdat ek andersins heeltemal duiselig kan word daarvan.'

[6.226.7] Ek sê: 'Dit kon jy wel vanuit My uitleg uitmaak. As God ewig is, dan sal Hy ook beslis van ewigheid af geskape het! Want wat sou Hy anders in die ewigheid vóór die tyd van die deur jou veronderstelde skepping van hierdie wêreld, van die son, die maan en alle sterre gedoen het, terwyl Hy tog ewig op dieselfde wyse volmaak was?!

Desktop Kommentaar