Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Ek dink dat dit nou wel vir elkeen heeltemal verstaanbaar moet wees! Vir hulle vir wie dit tog nog te onverstaanbaar mag wees, sê Ek nog bowendien: Dink jouself in as `n ewige jeugdige kragtige onsterflike en voortlewende op `n wêreld! Sal jy ooit ophou met dink en wil? Sal jy ooit heeltemal niks gaan doen nie, of sal jy jou nêrens meer wil geniet nie? Beslis nie, maar jy sal steeds meer gaan doen, ywerig besig wees en alles daarvoor gee om jou steeds meer en groot genoeë van die lewe te verskaf; want die liefde en die ware lewe van die liefde kan nooit rus nie, maar moet besig wees, omdat die lewe self niks anders is as om deurlopend besig te wees nie. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 226, Paragraaf 15

Desktop Kommentaar