Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.226.14] So, ook al is dit dan groot in omvang, sal dit ook gaan met `n sterwende en uiteindelik heeltemal gestorwe wêreld. Maar waar `n boom sterf, groei baie gou `n ander in sy plek. So vergaan daar dus ook `n wêreld, - maar dan kom daar een, en kom daar selfs `n aantal ander, in haar plek en neem die oorgeblewe lewensgeeste van die hele gestorwe en volledig tot niet gegane ou wêreld op om hulle verder te versorg en te ontwikkel. En kyk, so kom daar aan die eintlike skepping ewiglik geen einde nie, omdat God ook ewig nooit kan ophou om in Sy ewige onbegrensde Liefde en Wysheid te dink en te wil en lief te hê nie!

[6.226.15] Ek dink dat dit nou wel vir elkeen heeltemal verstaanbaar moet wees! Vir hulle vir wie dit tog nog te onverstaanbaar mag wees, sê Ek nog bowendien: Dink jouself in as `n ewige jeugdige kragtige onsterflike en voortlewende op `n wêreld! Sal jy ooit ophou met dink en wil? Sal jy ooit heeltemal niks gaan doen nie, of sal jy jou nêrens meer wil geniet nie? Beslis nie, maar jy sal steeds meer gaan doen, ywerig besig wees en alles daarvoor gee om jou steeds meer en groot genoeë van die lewe te verskaf; want die liefde en die ware lewe van die liefde kan nooit rus nie, maar moet besig wees, omdat die lewe self niks anders is as om deurlopend besig te wees nie.

[6.226.16] Laat niemand van julle daarom dink dat hy hom eenmaal aan die ander kant in `n ewige passiewe, soete rus sal bevind nie; want dit sou juis die ware dood wees vir die gees of die siel. Hoe geesteliker `n mens innerlik word, hoe aktiewer word hy ook, en dit deur en deur. As dit egter in hierdie wêreld al sigbaar en duidelik herkenbaar die geval is, hoeveel te meer sal dit dan aan die ander kant nie die geval wees nie, waar geen swaar liggaam die siel in haar besigwees sal belemmer nie! - Wel, sê nou of jy dit goed verstaan het!'

Desktop Kommentaar