Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.226.13] Die oplossing van `n wêreld sal egter op gelyke wyse plaasvind soos waarop elke ander aardse wese opgelos word, waarby die uiterlike dood gaandeweg steeds meer intree en sigbaar word. As jy na `n boom kyk, sal jy sien dat hy langsaam maar sekerlik versiek. Hy word oud en verrot, slegs `n paar takke vertoon nog lewe, ander is vrot en vermolm en val met verloop van tyd van die stam af. Mettertyd word die stam ook gedeeltelik verrot en gaan dood, en dit gaan net so lank aan totdat die hele boom uiteindelik verrot, vermolm en op sigself dood is. Maar selfs as boom, wat op sigself reeds volkome dood is, bevat hy tog nog lewensgeeste; daarom sal julle, as hy deur die storm omgewaai in die bos lê, mos en ander kruidgewasse uit hom sien groei; ook sal allerlei wurms hom inwendig deurboor; en selfs `n groot aantal insekte knaag en teer solank op die vleis en murg van die gestorwe boom as wat daar nog iets aan sit, totdat daar miskien na honderde jare van die hele boom geen spoor meer te vinde is nie.

[6.226.14] So, ook al is dit dan groot in omvang, sal dit ook gaan met `n sterwende en uiteindelik heeltemal gestorwe wêreld. Maar waar `n boom sterf, groei baie gou `n ander in sy plek. So vergaan daar dus ook `n wêreld, - maar dan kom daar een, en kom daar selfs `n aantal ander, in haar plek en neem die oorgeblewe lewensgeeste van die hele gestorwe en volledig tot niet gegane ou wêreld op om hulle verder te versorg en te ontwikkel. En kyk, so kom daar aan die eintlike skepping ewiglik geen einde nie, omdat God ook ewig nooit kan ophou om in Sy ewige onbegrensde Liefde en Wysheid te dink en te wil en lief te hê nie!

Desktop Kommentaar