Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

God se wese en ewige skeppingsvreugde. Die verandering van alle materie in die geestelike. Die lewe van die mens aan die ander kant

[6.226.1] Die Fariseër sê: 'Heer en Leraar, daarteen is niks meer in te bring nie; want die waarheid van alles wat gesê is, is maar al te goed sigbaar! Maar as daar uit die siele van die mense van hierdie aarde uiteindelik louter gode ontstaan, waar sal hulle dan ruimte hê om hulle in hulle goddelike vryheid, selfstandigheid en mag te beweeg en te regeer en te heers? Want ook `n gees het `n bepaalde ruimte en ook tyd nodig, ook al staan hy deur sy goddelike eienskappe bo ruimte en bo alle tyd.'

[6.226.2] Ek sê: 'O kleingeestige en volledig verskrompelde gemoed! Het jy nog nooit `n sterrehemel gesien nie? Weet jy nog nie wat hierdie sterre is wat in so `n groot aantal vir jou sigbaar is nie?! Kyk, as daar uit elke atoom van hierdie aarde twaalfduisend siele sou ontstaan - wat so `n enorme aantal sou oplewer dat in hierdie tyd ook die beste rekenkundige dit nie as moontlik sou beskou nie, - dan kom daar nog maar nouliks één siel op `n sonwêreld in die groot skeppingsruimte, laat staan op wat op `n nog baie groter aantal aardes is, wat hulle dikwels met talle duisende om `n enkele sonwêreld beweeg.

[6.226.3] Dink jou dan eers in die eindelose groot ruimte van die hemele van God in en die ewe-eens eindelose aantal van haar gemeenskappe, wat so ooreenkom met die wêrelde in die materiële ruimte van byvoorbeeld hierdie aarde, wat bykans die kleinste is, waar tot op hede al honderdduisend maal honderdduisende as reeds bestaande aangeneem kan word! Hoeveel mensesoorte daar nog uit hierdie aarde gevorm sal word, weet slegs God, omdat Hy die oneindige aantalle duidelik as `n eenheid in Homself het. As daar egter uit die mense van hierdie aarde sulke tallose talle gemeenskappe in die groot hiernamaals gevorm kan word, hoeveel dan nie uit al die ontelbare talle wêrelde nie, waarvan daar baie is wat fisies al so groot is dat hierdie aarde daarby vergeleke nouliks `n sandkorrel is?

[6.226.4] As jy dit nou bedink het, sal dit vir jou tog miskien `n bietjie duideliker word of `n eindelose groot aantal van die ware Elohimskinders eensklaps vir die gesamentlike, ewige, eindelose hemel te groot sal word! Dink jy dan, dat vir die ewige groot God, `n getal wat deur jou menseverstand beperk word, vir ewig voldoende sou wees?! Tel slegs die skepsele van hierdie aarde, dink aan die orals oneindige vrugbaarheid- en voortplantingsmoontlikhede van plante en diere, en dan kan jy daaruit al tot die gevolgtrekking kom dat alles by God tot in die oneindige voortgaan en niemand kan sê dat dit geen nut sal hê nie!

[6.226.5] Want as God dit nie in die plante en diere sou gelê het nie, dan sou julle binne `n kort tydjie geen brood meer gehad het en geen vleis en geen melk, geen wyn en geen vrugte nie; maar omdat `n koringkorrel, as hy in die aarde gelê word, honderdvoudige vrug gee, het julle steeds brood genoeg en eweneens al die ander. As God dus steeds in alles oneindige dinge skep volgens Sy Allerhoogste Wysheid en eindelose Mag, kan iemand dan sê dat die ewige en eindelose skepping uit God iets nutteloos is? Julle eie alledaagse lewensbehoeftes leer julle al die suiwer teendeel, omdat julle nie sonder voedsel sou kon bestaan nie! - Verstaan jy nou, waarom God voortdurend so eindeloos baie skep?'

[6.226.6] Die Fariseër sê nou baie verbaas: 'Ja, Heer en Leraar, dit sien ek nou goed in en ek bewonder U Wysheid ten diepste, - ek moet slegs nou tog openlik sê dat ek begin te huiwer vir die eindelose grootte en mag van die Skepper, en ek vra U slegs nog of God ewig deur bly skep; want volgens U kom daar bykans geen einde aan die skepping nie. Daarom vra ek U om dit ietwat duideliker vir my te maak, omdat ek andersins heeltemal duiselig kan word daarvan.'

[6.226.7] Ek sê: 'Dit kon jy wel vanuit My uitleg uitmaak. As God ewig is, dan sal Hy ook beslis van ewigheid af geskape het! Want wat sou Hy anders in die ewigheid vóór die tyd van die deur jou veronderstelde skepping van hierdie wêreld, van die son, die maan en alle sterre gedoen het, terwyl Hy tog ewig op dieselfde wyse volmaak was?!

[6.226.8] God is geestelik ewig en oneindig. Alles ontstaan en bestaan uit Hom, alles is in Hom, alles is die ewige, eindelose oorvloed van Sy gedagtes en idees van die kleinste tot die grootste. Hy dink hulle in die heldere lig van Sy selfbewussyn en wil dat hulle werklikheid word, en dan is dit reeds, wat dit as oerbegin moet wees. Daarby lê Hy dan die ligkiem van Sy liefde daarin in `n sekere sin uit Sy persoonlikheid na buite gebringe gedagtes en idees, maak hulle lewend, sodat hulle dan as selfstandige wesens bestaan, en lei hulle dan deur Sy voortdurende en steeds groot geestelike invloed tot die hoogste moontlike trap van die onverwoesbare selfstandigheid.

Desktop Kommentaar