Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.225.8] Kyk, om rekening te hou met die vrye wil van die mens van hierdie aarde gaan God selfs sover dat Hy nie eers altyd toesien op wat een of ook meer mense dink, wil en doen nie. Slegs wanneer hulle te ver van God afgewyk het, sien God na hulle om en verwek weer sieners, leraars en profete, om die mense weer die wil van God en sy planne met hulle opnuut mee te deel. Hou die mense rekening daarmee, dan gaan dit weer heeltemal goed; hou hulle hulleself egter nie daarby nie, en bespot en vervolg hulle die sieners, leraars en profete, wat deur God vir hulle opgewek is, dan word God gedwing om `n uiterlike strafoordeel oor die mense, en dikwels oor `n hele volk te laat kom. Maar selfs so `n oordeel gaan nooit direk vanaf die almagtige wil van God uit nie, maar kom altyd deur die blinde en boosaardige verkeerdheid van die mense.

[6.225.9] Die magtige Hanogiete was meer as honderd jaar lank gewaarsku dat hulle nie ter wille van goud en edelstene en ook nie ter wille van `n makliker voer van hulle oorloë, hele berge moes verwoes en heeltemal tot op die grond moet afgrawe nie, omdat hulle daardeur die groot onderaardse watersluise sou oopmaak en almal sou verdrink. Maar dit het alles niks gehelp nie; hulle het gedoen wat hulle wil, nog dieper in die berge gegrawe en die watersluise geopen. Kyk, dit het God dus nie direk deur Sy almag nie, maar slegs deur Sy toelating laat gebeur, wat noodsaaklikerwys moes volg, omdat die mense geen gehoor wou gee aan Sy tydige waarskuwing nie!

[6.225.10] God kon die mense immers deur Sy almag gebind het, sodat hulle die berge nooit verder kon verwoes nie! Ja, dit sou vir God baie maklik gewees het; maar die mense sou dan opgehou het om mens te wees en sou daarna in die geesteryk ook nie meer as vrye mense kon bestaan nie. God het egter eerder toegelaat dat `n groot mensegeslag deur hulle eiesinnige wil liggaamlik ten onder gaan, as dat hulle siele, wat betref hulle vrye wil en volledige selfstandigheid, ook maar iets moes inboet.

Desktop Kommentaar