Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

As Ek deur My almag sou wil dat geen mens ooit `n sonde sou begaan nie, dan sou geen mens ook ooit meer gesondig het nie; want hy sou hom geen tree buite My wil kon waag of beweeg nie, soos wat ook niemand sy liggaam anders kan vorm as wat dit deur die wil van God gevorm is nie, en ook sy liggaamlike lewe nie na willekeur sal kan verleng nie, omdat dit alles van die almagtige wil van God afhang. As God dit nie sou toestaan dat `n mens ooit `n sonde sou begaan nie, wie sou dan die verdienste gehad het van die sondevrye lewe van die mens wat alleen deur God se almag so gelei word, soos wat die groei van die bome en van alle ander vrugte gelei word en die wêrelde gelei en begelei word deur die eindelose ruimte? Tog sekerlik niemand anders as net God nie, omdat die mens in die geval slegs `n speelpop in die hande van God sou wees! Dit sou vir God baie makliker gewees het, soos wat dit vir Hom ook makliker is om die meeste verskillende diere met hulle veelsoortigste en seldsaamste eienskappe te skep en hulle dan te lei en elkeen op sy wyse besig te laat wees. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 225, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar