Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Toe kom daar sigbare engele, wat eers vir Abraham besoek het, en JaHWeH was onder hulle en het Abraham presies vertel hoe Sodom en die ander stede sou vergaan. En beide die engele, in die gestalte van twee sterk jongmanne was daarheen gestuur om nog vir Lot te red. Die volk het gladnie na die jongemanne geluister nie, maar wou nog die mees onnatuurlike ontug met hulle gepleeg het. Lot het ontkom deur die waarskuwing van beide die jongmanne. Slegs sy vrou het `n slagoffer geword omdat sy getalm het uit nuuskierigheid; sy het liggaamlik `n soutpilaar geword, soos wat die jongmanne voorspel het. Want hulle het gesê: 'Ons moet nou dadelik vlug en ons nie eers die tyd gun om om te kyk nie; want die onderaardse vuur gryp vinnig om hom heen, en die vrykomende dampe verstik dadelik orals al die natuurlike lewe en verander alles in `n steenagtige sout!' Maar Lot se vrou het tog `n paar oomblikke gebly staan en is deur die dampe ingehaal en het daardeur `n slagoffer geword. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 225, Paragraaf 13

Desktop Kommentaar