Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Fariseër sê: 'Ja, U het wel heeltemal gelyk, en die mense is U liefde nie werd nie en kan U van nou af aan nie genoeg dank dat U in die vlees gekom het om hulle die ware lig te gee en hulle die ware weg na die ewige lewe te wys nie. Maar één ding is daar tog deur ons mense ten voorskrifte van U op te merk, en dit is die volgende: U was so, soos hierdie keer, nog nooit by die mense gewees om hulle U wil te leer en hulle bestemming te onderken nie. Steeds was die baie ervare en geesgedrewe mense - profete genaamd - wat beweer dat hulle deur U gees gegryp is; en dat dit nie hy was wat gepraat het nie, maar U gees deur hulle mond. Hulle doen ter bekragtiging van hulle verklarings ook tekens, dikwels van die mees buitengewone aard soos wat `n mens in die boeke lees; maar hulle was tog mense en moes sterwe, alhoewel hulle baie dikwels oor die ewige lewe gepraat en geskryf het. Selfs Moses was nie daarvan uitgesonder nie. Net van die unieke EliJaH sê die Skrif, dat hy in `n vurige wa na die hemel opgevaar het en slegs sy mantel agterlaat vir sy leerling Elisa. Hierdie geskiedenis is egter tog ietwat ongeloofwaardig en kan nie as norm dien nie, omdat mens so-iets nooit daarvoor en ook nooit daarna op watter groot wyse dan ook meegemaak het nie. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 224, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar