Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Het ek nou goed gepraat en ons geloof, soos wat dit is, volgens waarheid belig of nie? Elkeen wat dit beter en waaragtiger kan uitlê, sal ek baie dankbaar wees; want dit is beslis geen grappie om altyd aan die dood en aan die sekere en ewige vernietiging te moet dink nie, waarvan mens nêrens ter wêreld die teenbewys kan vind nie. Want alles sterf en vergaan en kom nie terug nie. Selfs `n klip verweer en los hom in vlugtige stof op waaruit geen harde klip meer ontstaan nie, soos wat ook geen mens ooit meer uit die graf sal opstaan op die een of ander jongste dag nie, hoewel ons dit aan die volk moet leer! - Ek het gepraat.' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 224, Paragraaf 14

Desktop Kommentaar