Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die teenwoord van die Fariseër

[6.224.1] Na hierdie repliek van My weet die Skrifgeleerde nie wat hy daarop moet antwoord nie; want aan die een kant voel hy hom te veel geraak, en aan die ander kant juig die volk hardop oor hierdie geweldige woorde wat Ek praat oor My reg. En so staan die sewe tempeldienaars nou asof aan die grond vasgenael, en nie een was in staat om `n verstandige woord teen My in te bring nie. Bowendien het hulle inwendig ook baie kwaad vir My geword, omdat Ek hulle sonder enige oorweging die volle waarheid in hulle gesigte gespreek het.

[6.224.2] Maar na `n oomblik beheers die Fariseër hom weer en sê: 'Maar Heer en Leraar, wat U nou vir ons daar gesê het, weet ons al lankal! Dat ons nie anders kan optree nie, sal U ook goed kan verstaan! Dit alles en nog meer kon U ons vertel het, sonder dat ons onsself daaroor druk sou gemaak het, - maar dan wel op `n ander manier! Maar U vertel dit alles asof ons self die laaste boeke van Moses verwerp het, - en asof ons die profete sou gestenig het! As U Self ook liggaamlik persoonlik by ons was, dan sou dit nooit so ver gekom het nie; nou het U skielik gekom en nou is ook alles dan heeltemal foutief, - en dit kan ons tog nie alles van vandag tot môre verander nie! Wat kan ons sewe teen vyfduisend soortgenote doen?!

[6.224.3] Ons sal self voortaan nie baie in die tempel te doen hê nie; maar dit is dan ook nie net ons skuld dat die dinge daar so sleg staan nie. Sê vir ons, wat kan ons dan ten voorskrifte van die tempel anders doen as om hom op `n goeie manier die rug toe te keer? Want as ons môre begin om oor U ware en goeie saak te praat, dan word ons môre gestenig, en daardeur sou U saak niks gewen het nie; - as ons egter, soos wat die Romein voorgestel het, onder een of ander voorwendsel Jerusalem en sy valse leer vir altyd die rug toekeer, dan glo ek dat ons, deur U leer aan te neem, alles gedoen het wat ons in ons huidige toestand as swak sterflike mense maar kon gedoen het, en meer kan U, selfs as God, nie van ons verlang nie! Gee ons U almagtige wil, dan sal ons gou met die tempel afreken! Maar dat U, vir ons, terwyl ons in U wil glo, onbeskryflik sleg, vals en boosaardig noem, vind ek in elke geval nie baie prysenswaardig nie!'

[6.224.4] Ek sê: 'Beste mense, vir die blindes kan jy moeilik iets opskryf en vir die dowes moeilik kwaad preek! As Ek julle julle saak, wat ook nog sterk aan julle persoon hang, ter verbetering voor oë stel, bedoel Ek dit dan op julle persoonlik?! Wat Ek reflekteer is die gees van julle tempelwerk, en dit gaan nie net vir julle aan nie, maar alle Judeërs.

[6.224.5] Die waarheid is die son van die gees, en dit moet alle mense suiwer en sonder hoflikheidswolke beskyn! Die beskynde wolk is egter geen son nie, en dwase hoflikheid is dieselfde as `n opgepoetste leuen, wat niemand tot die ware verlossing van sy siel kan bring nie. Daarom moet elkeen openlik die waarheid praat wat nut het; want met `n halwe waarheid word niemand gedien nie! By My is geen terughoudendheid en geen konsiderasie nie, maar slegs liefde en lig! En sou Ek nie so waaragtig gewees het soos wat Ek is nie, waar sou die hemel en hierdie aarde dan gewees het, en waar en wat sou julle mense wees?! Maar Ek het nie gekom om die mense te vlei nie, maar om hulle die waarheid te leer en om hulle deur die waarheid die ewige lewe te gee. En daar kan jy geen terughoudendheid en oorweging gebruik nie. - Bedink dit eers en sê dan eers of Ek hard teenoor julle was!'

[6.224.6] Die Fariseër sê: 'Ja, U het wel heeltemal gelyk, en die mense is U liefde nie werd nie en kan U van nou af aan nie genoeg dank dat U in die vlees gekom het om hulle die ware lig te gee en hulle die ware weg na die ewige lewe te wys nie. Maar één ding is daar tog deur ons mense ten voorskrifte van U op te merk, en dit is die volgende: U was so, soos hierdie keer, nog nooit by die mense gewees om hulle U wil te leer en hulle bestemming te onderken nie. Steeds was die baie ervare en geesgedrewe mense - profete genaamd - wat beweer dat hulle deur U gees gegryp is; en dat dit nie hy was wat gepraat het nie, maar U gees deur hulle mond. Hulle doen ter bekragtiging van hulle verklarings ook tekens, dikwels van die mees buitengewone aard soos wat `n mens in die boeke lees; maar hulle was tog mense en moes sterwe, alhoewel hulle baie dikwels oor die ewige lewe gepraat en geskryf het. Selfs Moses was nie daarvan uitgesonder nie. Net van die unieke EliJaH sê die Skrif, dat hy in `n vurige wa na die hemel opgevaar het en slegs sy mantel agterlaat vir sy leerling Elisa. Hierdie geskiedenis is egter tog ietwat ongeloofwaardig en kan nie as norm dien nie, omdat mens so-iets nooit daarvoor en ook nooit daarna op watter groot wyse dan ook meegemaak het nie.

[6.224.7] Maar omdat al hierdie profete gesterf het en geen mens na hulle dood meer iets van hulle te wete kon kom nie, het die mense steeds langsamerhand meer daaraan begin te twyfel of daar na die liggaamlike dood nog `n voortlewe van die siel bestaan, en uiteindelik het hulle vir hulself `n makliker lewensnorm gemaak as dit wat die profete ingevoer en voorgeskryf het.

[6.224.8] Wanneer daar dan weer `n profeet onder die volk opstaan en te kenne gee dat God deur hom praat, dan word die mense maar net vererg oor so iemand en dan sê die mense vir hom: 'Bewys maar eers dat jy net so onsterflik is soos EliJaH!' of 'Roep die reeds lank gestorwe vaders en profete, sodat ons hulle kan sien en hulle vir ons in lewende lywe kan getuig - ten eerste, dat daar werklik `n lewe na die dood is en hoe, en ten tweede, dat jy `n egte profeet is! As jy nie vir ons hierdie bewys kan gee nie, glo ons jou net so min soos wat ons nou en in die toekoms die ou profete geglo het en ooit sal glo; want hulle het gesterf soos wat jy ook sal sterwe, en niemand het na hulle dood ooit meer iets van hulle gehoor nie. Ons het wel hulle geskrifte bewaar, maar dit is deur die onversadigbare aarde verslind. Wat het ons egter aan hulle geskrifte vol lesse oor die ewige lewe, wanneer hulle as leraars, ons nie na hulle dood die oortuigende bewys kon gelewer het dat hulle leer waar was nie?!'

[6.224.9] Kyk, Heer en Leraar, so sal die mense met verloop van die tyd dink en optree, en hulle het die profete ook gedood, wat meestal gebeur het omdat hulle nie opgehou het om hulle allerlei straf van God te voorspel nie! Waarom word dit dan nie toegestaan dat `n gestorwe profeet af en toe weer na hierdie aarde toe kom en deur sy verskyning getuig van wat hy tydens sy aardse lewe geleer het nie? En waarom word die ongeloof van die mense steeds as skuld vir hulle aangereken?

[6.224.10] As daar maar net één keer iemand kon gekom het - natuurlik wel op `n manier dat `n mens hom sou kon herken as die een wat hy liggaamlik op aarde was, dan sou dit die geloof bevestig het, en die mense sou dan ook beslis volgens sy leer gelewe het. Maar vir sover ons weet, het dit nog nooit voorgekom nie, en daarom is dit ook baie natuurlik dat die mense wantrouig en ongelowig word. Dat die tempel tans en al baie lank gelede bykans heeltemal anti-messias geword het, vind sy oorsaak vernaamlik in dit wat ek gesê het, en kom ook omdat die Sadduseërs, wat van ons afgeskei het, baie openlik nie meer aan die onsterflikheid van die siel glo nie. En wie kan hulle streng genome en redelikerwys ongelyk gee? En daarom is die tempeldienaars dan eintlik nie heeltemal alleen skuldig aan die slegtigheid wat nou in die tempel heers nie, maar hulle kan steeds maar nie bewys lewer van die lewe na die liggaamlike dood nie. As die sterk en oortuigende bewyse ontbreek daarvoor, dan verdwyn die geloof in `n God ook vanself; en ook al glo `n mens nog aan die bestaan van God, dan het mens tog geen regte agting en liefde vir Hom nie en beskou `n mens die gebod wat Hy aan die mense gegee het, as `n menslike bedenksel wat binne `n bepaalde tydperk en vir die menslike lewensverhoudinge wat in daardie tyd gegeld het, baie goed kon gewees het, maar vir die teenswoordige tyd nouliks meer te gebruik is. Dit sê ek nie om ons en die tempel uiteindelik goed te wil praat nie; maar dit is tog geen onwaarheid dat dit so was en nou nog ook so is nie.

[6.224.11] U, Heer en Leraar, toegerus met die volheid van God se Gees, is vir ons nou natuurlik wel die sterkste bewys, en borg vir `n ewige lewe van die siel na die dood; maar buiten ons is daar nog tallose talle mense wat altyd die baie duidelike bewyse sal mis. Kan dit hulle dan as skuld aangereken word as hulle nie in `n ewige lewe na die liggaamlike dood glo nie, en uiteindelik die son of die vuur as God aanbid? Sou dit dan nie moontlik wees, dat die gestorwe ouers in elke geval na hulle kinders kon gaan om hulle te vertel wat hulle na die verlaat van die liggaam te wagte staan nie, wat die siel is, en hoe sy daar uitsien nie?

[6.224.12] Maar so-iets gebeur nie, en daarom is alles wat dan oor die hiernamaals gesê word, `n soort fabel, waaraan net `n swaksinnige mens kan glo, maar wat `n dieper denkende mens nooit volledig as waarheid sal kan aanvaar nie! En ons priesters verrig selfs iets goeds as ons die volk so dom as moontlik hou en dit met baie bombasme en erns hulle van alles wysmaak wat dui op `n hiernamaals. Want as ons die volk net so wys sou maak soos wat ons is, sou dit baie gou afgeloop wees met die Judese godsdiens, en die mense sou hulle gou in `n afgryslike toestand bevind het.

[6.224.13] Slegs ons priesters hou die volk in toom en moedig hulle aan om die aarde vlytig te bewerk en om die tiende gewetensvol aan ons te gee, - en daarmee is hulle tevrede. Maar die tevredenheid sal natuurlik gou verdwyn wanneer ongevraagde profete elke oomblik aan die volk verskyn en hulle teen ons oprui. Daarmee bedoel ek nie U nie, Heer en Leraar, omdat U geen profeet nie, maar die Heer Self is; ek bedoel slegs die profete soos wat ek dit vroeër aangegee het.

[6.224.14] Het ek nou goed gepraat en ons geloof, soos wat dit is, volgens waarheid belig of nie? Elkeen wat dit beter en waaragtiger kan uitlê, sal ek baie dankbaar wees; want dit is beslis geen grappie om altyd aan die dood en aan die sekere en ewige vernietiging te moet dink nie, waarvan mens nêrens ter wêreld die teenbewys kan vind nie. Want alles sterf en vergaan en kom nie terug nie. Selfs `n klip verweer en los hom in vlugtige stof op waaruit geen harde klip meer ontstaan nie, soos wat ook geen mens ooit meer uit die graf sal opstaan op die een of ander jongste dag nie, hoewel ons dit aan die volk moet leer! - Ek het gepraat.'

Desktop Kommentaar