Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.223.6] Verder vra Ek: Waarom het julle dan gesê dat die sesde en sewende boek van Moses later gedateer is, om dit so tesame met die profetiese aanhangsel te verwerp? Dit sou tog vir elkeen `n verligtende leidraad gewees het, wat hom duidelik sou laat sien het wat hom in alle voorkomende gevalle te doen staan. In plaas daarvan kry julle `n kabbala, wat uit die oud-Egiptiese Horus stam. Sowel dit as die ou Horus verstaan julle nie, en Moses en die profete, waarvoor julle klip gedenktekens opgerig het, en wat julle vaders gestenig het, wil julle nie verstaan nie, maar julle leer die volk dat hulle saam met julle hierdie Skrifte maar net hoog moet vereer en aanbid en dat dit voldoende is. Is dit nie `n groter skending van die Sabbat as wanneer Ek `n sieke op `n Sabbat gesond maak nie?!

[6.223.7] Maar EK IS wat EK IS, ook `n Heer van die Sabbat! En dus sê Ek: Dit wat julle van die Sabbat gemaak het, skenk My geen vreugde nie, en Ek doen ook op die Sabbat wat Ek wil, soos wat Ek ook op die Sabbat - spreek JaHWeH - die son op- en onder laat gaan, en die riviere laat stroom, die winde laat waai en die groot storms loslaat, en die maan en die sterre langs hulle voorgeskrewe baan laat gaan en die gras laat groei en die soet sap in die druif laat ryp word! As dit egter alles in My absolute mag lê, moet Ek julle dan miskien vra wat Ek op `n Sabbat mag doen?! Praat nou en gee `n behoorlike en verstandige antwoord!'

Desktop Kommentaar