Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Verder vra Ek: Waarom het julle dan gesê dat die sesde en sewende boek van Moses later gedateer is, om dit so tesame met die profetiese aanhangsel te verwerp? Dit sou tog vir elkeen `n verligtende leidraad gewees het, wat hom duidelik sou laat sien het wat hom in alle voorkomende gevalle te doen staan. In plaas daarvan kry julle `n kabbala, wat uit die oud-Egiptiese Horus stam. Sowel dit as die ou Horus verstaan julle nie, en Moses en die profete, waarvoor julle klip gedenktekens opgerig het, en wat julle vaders gestenig het, wil julle nie verstaan nie, maar julle leer die volk dat hulle saam met julle hierdie Skrifte maar net hoog moet vereer en aanbid en dat dit voldoende is. Is dit nie `n groter skending van die Sabbat as wanneer Ek `n sieke op `n Sabbat gesond maak nie?! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 223, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar