Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Regte en verkeerde Sabbatsviering

[6.223.1] (Die Heer:) Presies soos wat dit met die eet van die vleis van onrein diere staan, so staan dit ook met die Sabbat. Allereers is elke dag `n dag van JaHWeH, en die ware mens moet elke dag goed doen, nie slegs op die Sabbat nie! En ten tweede staan daar maar net geskryf dat `n mens hierdie dag moet heilig, en dan nie, as dit nie nodig is nie, swaar slawearbeid moet verrig nie; maar dat `n mens op die Sabbat ook geen goeie werke mag doen nie, daarvan staan in die hele wet van Moses geen enkele woord nie!

[6.223.2] Maar as die profeet sê: 'Sonder noodsaak en wettige toestemming sal jy op die Sabbat geen swaar knegtewerk verrig nie!', hoe kom julle dan daarby uit dat Ek die Sabbat skend as Ek op die dag `n sieke kosteloos gesond maak? Julle gee tog self op die Sabbat voer aan die os en julle bring die esel en die beeste en die skape en varke na hulle drinkplek! En laat julle `n os of esel in `n put verdrink as hy op `n Sabbat daar sou inval? Maar as julle dit al vir julle huisdiere doen, waarom mag `n mens dan nie op `n Sabbat gehelp word nie? Is `n mens nie meer werd as `n dier nie?!

Desktop Kommentaar