Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Regte en verkeerde Sabbatsviering

[6.223.1] (Die Heer:) Presies soos wat dit met die eet van die vleis van onrein diere staan, so staan dit ook met die Sabbat. Allereers is elke dag `n dag van JaHWeH, en die ware mens moet elke dag goed doen, nie slegs op die Sabbat nie! En ten tweede staan daar maar net geskryf dat `n mens hierdie dag moet heilig, en dan nie, as dit nie nodig is nie, swaar slawearbeid moet verrig nie; maar dat `n mens op die Sabbat ook geen goeie werke mag doen nie, daarvan staan in die hele wet van Moses geen enkele woord nie!

[6.223.2] Maar as die profeet sê: 'Sonder noodsaak en wettige toestemming sal jy op die Sabbat geen swaar knegtewerk verrig nie!', hoe kom julle dan daarby uit dat Ek die Sabbat skend as Ek op die dag `n sieke kosteloos gesond maak? Julle gee tog self op die Sabbat voer aan die os en julle bring die esel en die beeste en die skape en varke na hulle drinkplek! En laat julle `n os of esel in `n put verdrink as hy op `n Sabbat daar sou inval? Maar as julle dit al vir julle huisdiere doen, waarom mag `n mens dan nie op `n Sabbat gehelp word nie? Is `n mens nie meer werd as `n dier nie?!

[6.223.3] O julle blinde dwase! Hoe ver het julle julleself van die waarheid verwyder! Ja, dit is waar, wat daar van julle geskryf staan: 'Sien, die volk eer My met die lippe; maar sy hart is ver van My!'

[6.223.4] Vertel eers: As daar `n mens by julle sal kom en sê: 'Ek het dit druk met my oes, en die tyd is gunstig! As ek op die Sabbat mag deurgaan, offer ek die drievoudige tiende, `n gemeste (vetgemaakte) os en drie vet kalwers!', dan skryf julle tog dadelik `n vrybrief vir hom uit, sodat hy daarmee ook vir die Sabbat arbeiders kan huur. Is dit nie `n groter skending van die Sabbat, as wanneer `n mens `n sieke op `n Sabbat help nie?!

[6.223.5] Op `n Sabbat mag jy voor sonsondergang geen brood breek en ook nie eet nie; maar as julle die hele dag deur in julle kamers - ook al is dit `n Sabbat - swelg en smul en dit ook aan ander vir geld toestaan - maar nie aan `n arme, omdat hy nie daarvoor kan betaal nie, - dan vra Ek: Is dit geen godslasterlike skending van die Sabbat nie?!

Desktop Kommentaar