Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.222.9] Ek sê: 'Wat maak dit aan My saak wat die blinde Fariseërs sê! Hulle is blinde leiers van blindes! As die een blinde egter die ander lei, val beide in die sloot en die een kan die ander nie help nie. Let daarom nie op wat hulle sê nie!'

[6.222.10] Die Fariseërs het dit egter ook gehoor en hulle begin hulleself af te vra of Ek dit ook nou op hulle bedoel het, terwyl hulle tog gelowig geword het.

[6.222.11] Maar Ek gaan staan en sê vir hulle: 'Ja, dit slaan ook op julle! Blinde dwase! Wat deur die mond na binne gaan en via die mond in die liggaam beland en langs die natuurlike weg weer die liggaam verlaat, verontreinig nie die mens nie; maar wat deur die mond uit die hart kom soos slegte gedagtes, slegte en onfatsoenlike praatjies, eerroof (laster), meineed, allerlei leuens, bedrog, nyd, gierigheid, ontug, hoerery en egbreuk en vraat- en swelgsug, dit verontreinig die hele mens, ook as hy rein spyse eet!

[6.222.12] Slaan maar na in die Skrif, dan sal julle wel vind waarom Moses maar net die gebruik van suiwer en rein voedsel aanbeveel het! Dit het hy gedoen vanweë julle groot belustigheid vir vleis en vanweë julle buitensporige sinlikheid en geilheid. Ek sê egter nou, dat vir diegene wat in sy hart rein is, ook al die ander rein is, maar vir diegene wat in sy hart onrein is, alles onrein is.

Desktop Kommentaar