Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Julle eet selfs op die Sabbat gesuurde brood, julle eet wilde voëls en gee ook nog aan julle apostels verlof om alles te eet wat die mense in `n bepaalde land eet. Dit gaan vir julle egter maar net oor die aardse voordeel, en dit maak nou juis dat julle die wet breek; Ek gee die mense egter nou uit suiwer liefde en medelye hierdie raad en verlang geen offers vir die vrystelling nie en hef daarom ook nie die wet van Moses op nie! Want as die mens, wanneer hy honger het, sy liggaam versadig met watter eetbare voedsel dan ook, sondig hy teen geen enkele wet van Moses nie. Maar as `n Israeliet suiwer uit smulpapery (vraatsug) en om sy verhemelte onnodig te streel, tot ergernis van sy medemense die vleis van onrein of verstikte diere eet, terwyl hy voldoende vleis van rein diere het, dan sondig hy omdat hy sy swak medemens daarmee vererg. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 222, Paragraaf 17

Desktop Kommentaar