Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Skrifgeleerde sê: 'Heer, ek weet wel dat U die waarheid praat; maar U het ons tog verwyt dat ons die wette van Moses opgehef het en ander in die plek daarvan gestel het! En kyk, ons bestry dit nie, omdat dit werklik so is, maar as U nou alle Judeërs toelaat om ook die vleis van die onrein diere wat deur Moses genoem is, te eet, nadat hulle op `n bepaalde manier voorberei is, dan hef U ook immers op hierdie punt die wet van Moses op, net soos wat U dit ook nie altyd so streng gehou het, deur ook op die Sabbat siekes te genees nie! Want daar staan geskryf: 'Ses dae sal jy arbei, die sewende dag sal jy rus en aan JaHWeH God wy!' Met watter reg doen U dan so-iets self?' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 222, Paragraaf 14

Desktop Kommentaar