Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.221.7] God het die mens `n vrye wil gegee om uit homself en vir homself te kan handel; God het die mens egter ook die rede en die verstand gegee, sodat hy die raad en wette van God kan neem en kan verstaan, en Hy het hom ook die krag verleen om daarvolgens te handel. As `n mens hom daarby egter tog uit eie vrye wil deur die wêreld wil laat beheers en geen ag wil slaan op die raad van God nie, is dit dan nie sy eie skuld as hy, omdat hy deur sy eie skuld niks wou weet van die hele orde van God nie, van die een ellende in die ander in moet val?!

[6.221.8] Maar omdat dit nou egter al te erg onder die mense geword het en die lig hulle te veel ontbreek, het Ek nou nogmaals Self gekom as die ou Melgisédek, selfs in die vlees na julle toe, soos wat Ek dit reeds lank vantevore deur alle profete laat aankondig het.

Desktop Kommentaar