Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.221.13] Die Fariseër sê nou vir sy metgeselle: 'Wat moet ons doen? Die Man praat geweldig, en baie glo in hom. Ons kan nie sê: 'Hy is Die Een!', - maar ook nie: 'Hy is dit nie!' Na my mening kan ons eers die Skrif beter nalees. As alles met hom ooreenstem, dan kan ons nie anders as om volledig in Hom te glo nie; stem alles egter nie met Hom ooreen nie, dan bly ons wat ons is! Wat dink julle daarvan?'

[6.221.14] Die Skrifgeleerde sê: 'Dan sal ons baie moet doen; want die Skrif is lank en moeilik vir ons om te verstaan. Daar sal ons sonder meer min kan uithaal! Ek dink dat ons nog langer by Hom, en veral by Sy leerlinge moet bly, en met hulle bespreek wat hulle vanaf die begin alles van Hom gehoor en gesien het. En dit sal ons beslis `n beter bewys oor Hom gee as al ons onbegryplike boeke. Ek is nou al meer vir die geloof in Hom as vir die teendeel! Wat sê julle ander daarvan?'

[6.221.15] Een van die ander wat meer geloof het, sê: 'Die geloof is geen probleem meer by my nie; maar hoe kom ons van die tempel af weg? Dit is `n heel ander vraag, wat vir ons eers moeiliker is om te beantwoord as al die ander!'

[6.221.16] Daarop sê die Romein: 'As dit die enigste is waaroor julle vassit, dan dink ek dat dit baie vinnig verhelp kan word. Na my wete stuur die tempel altyd ervare priesters orals heen om ander vir die geloof te wen. As julle vir julle meerderes sal sê dat julle daarvoor deur my, Agricola, uitgenooi is, sal niemand beslis iets daarop teë hê nie, en hulle sal julle laat gaan. - Hoe vind julle dit?'

[6.221.17] Toe sê die Skrifgeleerde: 'Dit klink goed, ons sal dit probeer. Maar as die hoëpriester nie daarop ingaan nie, wat dan?'

[6.221.18] Die Romein sê: 'Dan vorder ek julle van hom af met my keiserlike volmag, en dan sal julle hoëpriester niks meer daarteen kan inbring nie!'

[6.221.19] Daarmee was almal tevrede, - slegs die een Fariseër begin nog oor die honderd pond goud.

[6.221.20] Die Romein sê egter: 'As julle my volg, skeld ek dit kwyt!'

[6.221.21] Daarmee was almal tevrede en hulle gaan na die leerlinge, praat met hulle oor `n aantal sake en word daardeur nog gelowiger.

Desktop Kommentaar