Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.221.10] Die Romein het julle die ware rede gegee waarom julle nie wil glo dat Ek die beloofde Messias is nie. Maar Ek sê vir julle nog één keer: Wie in My glo, sal die ewige lewe hê, en daar sal strome lewende water uit sy lendene vloei; wie egter nie glo nie, sal die ewige lewe nie in hom hê nie, maar slegs die wêreldse dood en alle oordeel! Maar Ek dring My daardeur aan niemand op nie, maar laat alles oor aan elkeen se vrye wil.

[6.221.11] Omdat Ek egter vir die verlossing van alle mense in hierdie wêreld selfs in die vlees na julle toe gekom het, moet Ek julle tog laat weet dat Ek daar is, sodat julle nie weer kan sê dat niemand dit vir julle gesê het nie, en dat God die mense goed geskape het en hulle uit vroue laat gebore word, maar Hom dan gladnie meer oor hulle bekommer nie en hulle steeds maar laat versmag.

[6.221.12] Ek is nou daar om alle mense te help, en stuur My engele uit na alle volke van die aarde om aan hulle te wys op die regte manier van voorligting gee. Wie hom daarvolgens sal rig, sal nie verlore gaan nie, ook al bevind hy hom hoe ver hiervandaan. Maar niemand sal daartoe gedwing word nie. Dit sê Ek nou vir julle, sodat julle kan weet dat Ek daar is en waarom. Maar julle kan doen wat julle wil.'

Desktop Kommentaar