Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Daarop sê Ek: 'En salig is ook hulle wat hom nie vir My vererg nie! Julle blinde Fariseërs sê: 'As die lug in die aand rooi is, sal dit môre `n mooi dag wees; maar is die oggend rooi, dan sal die dag somber wees!' Hierdie tekens kan julle beoordeel; waarom sien julle dan nie die groot tekens van hierdie tyd, wat deur My aan julle gegee word nie? Die tekens sien julle ook goed en julle verstaan dit ook; maar vanweë julle wêreldse ryk wil julle dit nie aanneem nie en hou julle ook die volk daarvan af. En dus wil julle self nie in die hemelryk ingaan nie, maar laat julle ook niemand anders daarin toe nie; en daarom sal julle eendag ook des te meer verdoem wees! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 220, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar