Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.219.14] Die Skrifgeleerde sê: 'Dat jy hierdie vierde vraag buitengewoon goed beantwoord het, moet ons almal toegee. Maar ons gee ook toe dat ons jou geen vrae meer kan stel nie; want jy is `n uitermatige geleerde man met baie ervaring, by wie ons almal in die leer sou kon gaan. Wat moet of kan ons jou nog verder vra?! Ons sal jou die honderd pond goud betaal en daarmee hou die saak op.'

[6.219.15] Die Romein sê: 'Beste! Inmiddels kan ons hierdie geskiedenis wel laat vir wat dit is, omdat julle nou kan insien dat ons Romeine nie so dom is as wat julle gewoond was om van ons aan te neem nie. Julle het nou gesien dat ons alles deeglik ondersoek en daarby die gevinde goeie en ware behou. Maar omdat julle nou goed daarvan oortuig is, vra ek julle: Het ek gelyk, as ek julle nou julle groot dwaasheid verwyt om die Elohimmens wat daar sit, nie as sodanig te wil en te kan erken vir wat Hy volgens my mening onteenseglik is nie?'

[6.219.16] Die Fariseërs sê: 'Beste, werklik baie wyse vriend! Dit wil ons ook, en ons is selfs heimlik daarvan oortuig dat die Galileër baie goed die beloofde Messias kan wees en ook sal wees; maar ook ons kan `n ou spreekwoord van julle aanhaal, en dit lui: Ultra posse nemo tenetur.* En dit is by ons die geval. Ons kan dit nie glo vanweë die betrekking wat ons jammer genoeg beklee nie. Want as ons openlik sy leerlinge sou word, sal ons deur die tempel, sonder enige oorweging, vervloek en uitgestoot word. Waarheen moet ons dan, en wat doen ons dan, en wie sal ons kos en inwoning gee? *`n Mens moet van niemand meer verwag as wat hy kan nie.

[6.219.17] Ja, as iemand kon lewe soos `n voël in die lug, dan sou dit baie maklik gewees het om `n leer te aanvaar, wat op sigself wel vol van die suiwerste waarheid is, maar absoluut die teenoorgestelde is van ons huidige Judeërdom! Ons kan dit dus maar net heel in die geheim vir onsself aanneem en glo. Na buite toe moet ons daarteen wees, omdat ons anders niks sou hê om van te lewe en êrens te woon nie. Wie dit bedink, sal beslis goed kan insien wat ons kan of nie kan doen nie.'

[6.219.18] Die Romein sê: 'Hierdie verontskuldiging van julle is so waardeloos en so leeg soos `n uitgeblase eier en bevat nie die minste rede om julle van die aanneem van die waarheid af te kan hou nie. Want noudat julle weet en wel moet erken wie hierdie Elohimmens is, kan julle tog onmoontlik vra wat julle sal eet, waarmee julle julleself sal klee en waar julle sal woon. As die hoogste Gees van God in Hom woon, wat hemel en aarde geskape het en alles onderhou en bestuur, en as elke asemhaling en elke polsslag slegs van Hom afhang, dan sal Hy ook wel diegene wat in Hom glo en Hom liefhet alles gee wat hulle vir hulle liggaamlike lewensonderhoud nodig sal hê.

[6.219.19] Kyk eens al na hierdie mense hier! Hulle eet en drink en is goed gekleed. Ook al het hulle hulle klere al vroeër gehad, dan tog nie die voedsel wat hulle nou hier gebruik nie. Ook drink julle nou wyn wat nog nooit voorheen in `n sak was nie, en eet brood wat nog nooit in `n bakkersoond was nie. As julle nou net soos ons Romeine daarvan oortuig moet wees, hoe kan julle julleself dan met sulke waardelose redenasies verontskuldig?

[6.219.20] Maar wat het julle uiteindelik aan julle teenswoordige funksie en liggaamlike versorging? Sal dit julle verseker van die ewige lewe? Wie sal eendag julle siele versorg as julle Hom die rug toekeer wat alleen dit kan doen, soos wat Hy julle Self vanmôre in die tempel duidelik genoeg gesê het dat hulle wat in Hom glo, die dood in ewigheid nie sal sien, voel en proe nie?! As julle nou volgens julle siening erken dat Hy die groot Beloofde Een is, bestaan daar tog vir julle en vir glad geen iemand `n geldige rede om nie openlik voor alle mense in Hom te glo en volgens Sy leer te lewe nie. - Het ek gelyk of nie?'

[6.219.21] Alle aanwesiges sê: 'Ja, verhewe Romein, u het heeltemal gelyk; want so is dit en ewig nie anders nie! Heil aan elkeen wat nou die geseënd is om die Heer te sien en Sy goddelike leer te hoor, soos wat ons almal dit gelukkig beleef en wat dit nie in die minste werd is nie!'

Desktop Kommentaar