Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.218.7] Toe ontdek ek skielik `n wit geklede manlike gedaante aan die oewer van die see, wat heen en weer gewandel het met sy oë op die skip gerig en hy het dit nie uit die oog verloor nie. Ek roep `n aantal van my metgeselle na my toe en maak hulle op die gedaante opmerksaam. Hulle dag toe dat dit miskien `n oewer towenaar was, en dat mens hom offers moes gee om die skip los te laat. Ons gaan derhalwe uit die skip uit aan land na die gedaante toe, wat ons met vaste blik ingewag het. By die gewaande towenaar aangekom, vra ek manmoedig aan die gedaante: 'U hou my skip vas met u toormag. Waarom doen u dit? Verlang u van ons `n offer as losgeld vir die skip? Praat, want my reis na Egipte is dringend!'

[6.218.8] Die gedaante kyk my strak en ernstig aan en sê hardop en goed verstaanbaar: 'Ek is geen towenaar en eis geen offer van jou nie. Maar omdat jy die beskerming van die God van die Judeërs gevra het, was ek hierheen gestuur om jou van ondergang te bewaar. Want as jy vandag afvaar, sal jy in die derde uur van die nag tesame met die skip `n prooi van die see word! Twintig uur van hier oor die water sal `n swaar storm woed. Wee diegene wat sy woede tref! Môre kan jy egter afvaar, en dan sal jy jou vaart geseënd volbring, '

Desktop Kommentaar