Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Toe ontdek ek skielik `n wit geklede manlike gedaante aan die oewer van die see, wat heen en weer gewandel het met sy oë op die skip gerig en hy het dit nie uit die oog verloor nie. Ek roep `n aantal van my metgeselle na my toe en maak hulle op die gedaante opmerksaam. Hulle dag toe dat dit miskien `n oewer towenaar was, en dat mens hom offers moes gee om die skip los te laat. Ons gaan derhalwe uit die skip uit aan land na die gedaante toe, wat ons met vaste blik ingewag het. By die gewaande towenaar aangekom, vra ek manmoedig aan die gedaante: 'U hou my skip vas met u toormag. Waarom doen u dit? Verlang u van ons `n offer as losgeld vir die skip? Praat, want my reis na Egipte is dringend!' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 218, Paragraaf 7

Desktop Kommentaar