Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Maar dit is nie die enigste ervaring op die gebied nie. Toe ek `n aantal jare gelede na Egipte toe moes reis, maak ek die volgende baie vreemde gebeurtenis mee: Ek was met die meeste van my metgeselle, wat hier aanwesig is, in Sicilië om vandaar per skip na Egipte te reis. Ons skeep ons vroegoggend in op ons groot, stewige skip, wat reeds talle storms getrotseer het. Ons beveel ons aandagtig en innig binne die beskerming van die gode en ek roep heimlik ook nog die beskerming van die God van die Judeërs in, wat ek uit julle Skrif leer ken het. Toe ons wil afvaar, was die skip met geen moontlikheid vlot te kry nie. Ek laat dadelik alles baie sorgvuldig ondersoek en nêrens was iets te vinde wat die skip ook maar in die minste kon belemmer het om vlot te kom nie. Toe word alles probeer om die skip, wat tog in baie diep water gelê het, van die land te du; maar alles was vergeefse moeite. Ek het met `n aantal van my metgeselle vol woedende gedagtes op die dek gestaan, omhoog en omlaag en links en regs en oor boord na benede in die see gekyk om uiteindelik tog die een of ander rede te ontdek waarom die wegvaar nie slaag nie. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 218, Paragraaf 6

Desktop Kommentaar